Alfred Hugenberg | |
Alfred Hugenberg in 1933 | |
Minister vir Ekonomie, Landbou en Voeding
| |
Ampstermyn 30 Januarie 1933 – 29 Junie 1933 | |
Eerste minister | Adolf Hitler |
---|---|
Voorafgegaan deur | Hermann Warmbold (Ekonomie) Magnus von Braun (Voeding) |
Opgevolg deur | Hjalmar Schacht (Ekonomie) Richard Walther Darré (Voeding) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Junie 1865 Hannover, Koninkryk Hannover |
Sterf | 12 Maart 1951 (op 85) Kükenbruch, Wes-Duitsland |
Politieke party | Duits-Nasionale Volksparty |
Eggenoot/-note | Gertrud Adickes |
Alfred Ernst Christian Alexander Hugenberg (* 19 Junie 1865 in Hannover; † 12 Maart 1951 in Kükenbruch) was 'n Duitse entrepreneur met belange in die mynbou-, krygstuig- en mediabedryf en politikus van die verregse Duits-Nasionale Volksparty (DNVP).
In die eerste maande ná die Nasionaalsosialistiese magsoorname in Januarie 1933 het hy die amp van minister vir ekonomie, landbou en voeding in die eerste kabinet van Adolf Hitler beklee. Hugenberg word as die beduidendste burgerlike wegbereider van die Nasionaalsosialistiese beweging beskou. Met sy mediaonderneming het hy sowat die helfte van die Duitse pers beheer en deur middel van nasionalistiese en antisemitiese propaganda grootliks bygedra tot die opkoms en groei van verregse partye in die Weimarrepubliek.